Pioneer Hi-Bred RSA (Pty) Ltd

In Suid-Afrika bemark Pioneer saad van mielie- en sonneblom kultivars met die Pioneer handelsmerk. Hierdie produkte word landwyd versprei deur `n handelaarsnetwerk wat `n belangrike skakel vorm tussen Pioneer en die Suid-Afrikaanse boer.

In Suid-Afrika het Pioneer se bedrywighede in 1992 `n aanvang geneem. Pioneer Hi-Bred International, Inc. se hoofkantore is geleë in Des Moines, Iowa, VSA. Die maatskappy was in 1926 gestig en is tans die węreldleier in landbougenetika met ondernemings in meer as 120 lande węreldwyd. Besigheidsaktiwiteite sluit saad en mikrobiologiese produknavorsing, produksie, bemarking en verkope in.

Kliëntediens in Suid-Afrika beskikbaar sluit in die lewering van saad, landboukundige ondersteuning en advies oor gewas-winsgewindheid in.

Pioneer Hi-Bred International, Inc., 'n besigheid van DuPont, is die węreldleier in die ontwikkeling en voorsiening van gevorderde plant genetika aan boere węreldwyd. Met hoofkantore in Des Moines, Iowa, VSA ontwikkel, produseer en bemark Pioneer 'n wye reeks hoë kwaliteit sade asook kuilvoer en graanbymiddels en lewer landboukundigedienste aan kliënte in ongeveer 70 lande. DuPont is 'n wetenskaplike maatskappy wat wetenskaplik-gebaseerde oplossings ontwikkel, wat 'n verskil maak in voedsel en voeding, gesondheid, kleding, woning en konstruksie, elektronika en vervoer in menselewens.
  
Access to information manual
(PDF:  173 KB / 7 pg)