Blog •  2022/07/25

Die Optimale sojaboon popupulasie van P64T39R per grondsoort in Mpumalanga

Something went wrong. Please try again later...

Inleiding

Hoër populasies lei egter nie altyd tot hoër opbrengste nie. Daar is die afgelope dekade baie gepraat oor plantpopulasie by sojabone en met hoër insetkoste sal dit 'n belangrike bestuursbesluit bly.

Insetkoste het die afgelope paar jaar gestyg, en om mededingend te bly, moet plantpopulasies nie geïgnoreer word nie.

'n Boer in Suid Afrika bestee tussen R350 -R1300 per hektaar aan sojaboon insetkoste. Die optimale plantestand vir sojaboonproduksie is om 'n maksimum opbrengs te verkry en om winsgewend te wees. Deur 'n te hoë plantpopulasie te plant, verhoog dit die saadkoste en dit dra moontlik nie by tot 'n opbrengsverhoging nie.

Verhoogde plantpopulasie sal opbrengs tot 'n punt beïnvloed. Die opbrengs sal egter uiteindelik 'n maksimum bereik waarby die toevoeging van meer saad niks sal doen om die opbrengs te verhoog nie.

Navorsing oor plantpopulasie is al vir baie jare aan die gang, daar blyk min veranderinge te wees in die waarnemings aangaande die aantal plante per hektaar wat nodig is om opbrengs te maksimaliseer ten spyte van boere wat vandag meer van presisie boerdery praktyke gebruik maak. 

Opsomming 

  • Sojabone word as 'n belangrike proteïen- en oliesaadgewas beskou, en die oppervlakte wat in Suid-Afrika aangeplant word, brei voortdurend uit
  • Is ‘n preskripsie (varieerende plante stand) vir sojaboon produksie moontlik.
  • Sojabone kompenseer geweldig baie.
  • Plantdatum speel ‘n groot rol in Suid -Afrika waar sojabone verbou word. Daarom moet stande aangepas word met later plantdatums.
  •  Pioneer DAT Proewe.
  •  Pioneer streef daarna om die

                      Regte variteit op die

                      Regte grondsoort teen die 

                      Regte stand in die

                      Regte gebied

  • Aan te beveel om so doende die lewens te verryk van diegene wat produseer en verbruik, en daardeur vooruitgang te verseker vir toekomstige generasies. 

Digitale Agronomiese Proef (DAT proef) afgelei van Digital Agronomic Trials.  

Wat is ‘n DAT proef en hoe dit werk is as volg.

Die evaluasie van ‘n huidige baster oor verskillende grondtipes en produksie zones in dieselfde land word gedoen. Daar word terselfde tyd ook gekyk na die standreaksie van die basters oor hierdie zones.

Saam met stroperkaarte word alle inligting dan in ‘n GIS program ingelees en interaksies word dan met mekaar op ruimtelike vlak vergelyk.

Hierdie inligting help ons om interaksies beter te verstaan en basterplasing meer effektief te doen.

Digitale grondsoortkaarte (grond diepte en klei%) van die betrokke land waarop die proef geplant word, word gebruik.

Ons plant gewoontlik 3 plantpopulasies per kultivar:

Herhaal vir 2 tot 3 keer om sodoende deur soveel moontlike zones te beweeg per behandeling.

Dit is ook baie handig indien die boer se planter ook die plantproses digitaal vasvang, maar die naam van die behandeling (stand en kultivar word in die stropermonitor ook ingelees) en elke behandeling/baan kry sy eie naam.

 ‘n Stroper wat toegerus is met satteliet navigasie word dan gebruik om die proef te stroop. Hierdie monitors maak in die stroper vir ons opbrengskaarte soos wat die stroopproses vorder.

Na afloop van dat die proef gestroop is, vat ons die digitale rou data wat ons vanaf die stropermonitor afgelaai het en laai dit op Pioneer se analitiese ontledingsprogram.

Inspeksie word oor die hele land gedoen “Hommeltuig vlugte” en daar word aangeteken as daar skade aan sekere bane was bv vark- muisskade, misrye ens. is.  

Resultate van P64T39R op 50cm Gronddiepte en waar klei% varieer van 22% tot 34%

Lokaliteit Ermelo 91cm rywydte 

 

 

Resultate van P64T39R op 50cm Gronddiepte en waar klei% varieer van 22% tot 34% Lokaliteit Amersfoort/Perdekop 91cm rywydte  

 

Resultate van P64T39R op veskillend Gronddiepte en waar klei% varieer lokaliteit Amersfoort/perdekop  

 

 

 

 

Figuur 1. Skematiese voorstelling van hoe ‘n sojaboon reageer op populasie en grondpotensiaal.

Sojaboon kompenseer baie goed

By laer populasies word interplantkompetisie verminder en elke individuele plant het 'n groter geleentheid om meer pitte te produseer. Navorsing het getoon dat die fotosintetiese tempo groter is en langer gehandhaaf word wat lei tot ‘n groter produksie (pitgetal) deur verminderde blaarveroudering van ouer blare.

Sojabone kan baie goed kompenseer indien die populasie laag is. Die sojaboon plant vergroot sy struktuuur (boomplant) deur meer takke te produseer wat lei tot opbrengste wat vergelykbaar is met hoër plantpopulasies..  

Gevolgtrekking: sou mens ‘n presskripsie wil skryf, is die indeling as volg: 

  • Vlak grond, lae klei %= populasie Hoog
  • Vlak grond, medium klei %= populasie Medium
  • Vak grond, hoog klei %= populasie Medium
  • Medium grond, lae Klei %= populasie Laag
  • Medium grond, medium Kei %= populasie Hoog
  • Medium grond, hoog Klei %=populasie Laag
  • Diep grond, lae klei %= populasie Hoog
  • Diep grond, medium klei %= populasie Medium
  • Diep grond, hoog klei %= populasie Laag