Blog •  2022/07/29

Stamsiektes by Mielies

Something went wrong. Please try again later...

Deur: Martin Brandt – Pioneer Landboukundige 

Stamvrotte word baie kere misgekyk wanneer mielies oneweredig afgaan. Hiermee saam verstaan ons nie altyd hoekom mielies omval nie. Wat ons wel vir mekaar kan sê is dat dit stamsterkte of -gehalte kan beïnvloed, as gevolg van ‘n verskeidenheid stresfaktore in ‘n seisoen. Stamvrotte en direk daarna omval kan ‘n groot invloed op ‘n land se opbrengs tot gevolg hê, en verseker kom dit elke jaar voor, net op verskillende maniere en as gevolg van verskillende omstandighede.

Daar is drie faktore wat drie bene vorm van die sogenaamde siektedriehoek. Vir ‘n siekte om dus voor te kom moet al drie bene gelyktydig teenwoordig wees vir ‘n spesifieke siekte. Hierdie drie bene bestaan uit: ‘n gasheer (mielieplant), die patogeen (swam of bakterie) en gunstige klimaatstoestande (temperatuur, humiditeit ens). ‘n Skematiese voorstelling van hierdie siektedriehoek kan in Figuur 1 gesien word. 

Figuur 1: ‘n Skematiese voorstelling van die siektedriehoek.

Wat belangrik is om te onthou is dat elke spesifieke siekte, ‘n spesifieke behoefte van klimaatstoestande nodig het, om sy verskyning te maak. Elke stamvrot in hierdie geval gaan sy eie simptome wys nadat infeksie plaasgevind het. In Suid-Afrika se mielieproduserende gebiede, is daar verskillende stamsiektes wat voorkom. Die belangrikste waarna gekyk word is: Antraknose stamvrot, Diplodia stamvrot, Fusarium stamvrot, Gibberella stamvrot, Houtskool stamvrot en Bakteriese stamvrot (Erwinia). Twee ander wat baie min voorkom is Physoderma stamvrot en Pythium stamvrot.

Antraknose Stamvrot:  

n Fungi patogeen “Colletotrichum graminicola” veroorsaak die siekte. Dit is die mees algemeenste stamsiekte by mielies. Die gunstigste tyd vir hierdie siekte is wanneer die plant onder stres is net voor bestuiwing. Klein donker strukture, wat “setae” genoem word, kan gesien word onder ‘n vergrootglas en ‘n mikroskoop.

Antraknose kan in 3 fases geïnfekteer word, naamlik:

1. Blaarskroei fase

2. Top Die-Back fase

3. Stamvrot fase

Die mees algemene infeksie is deur die stamvrot fase, en dit is gewoonlik die ergste. Dit kan die plant ook doodmaak voor bestuiwing plaasvind. Indien infeksie later in die seisoen gebeur, dan verskyn die swart kolletjies (setae), wat gewoonlik by die onderste internodes sigbaar is. 

Figuur 2: Klein donker strukture “setae” onder vergrootglas en mikroskoop gesien

1. Blaarskroei Fase:

Simptome:

  • Letsels is ovaal- tot spilvormig nekroties.
  • Kan ook verskyn as waterdeurdrenk of chloroties.
  • Letsels is eerste op onderste blare sigbaar, en vorder na boonste blare. 
  • Klein, swart, haaragtige swamstrukture “setae” wat onder vergrootglas of mikroskoop gesien kan word.
  • Letsels is bruin, tot bruin met geel, tot rooibruin grense.  Swaar besmette blare verdor en sterf. 

Figuur 3:Blaarskroei fase 2.

“Top Die-Back” Fase:

Simptome:

  • By aanplantings met hoë druk antraknose, is dit algemeen dat die gedeeltes bokant die koppe vroëer afsterf, terwyl onderste deel groen bly.
  • Kan so vroeg as 1 tot 3 weke begin wys na pluimvorming.
  • Soos siekte vorder, verrot die binneweefsel.
  • Vermindering van watertranslokasie vind plaas.
  • In areas waar grondbeskikbare waterlaag is, sal boonste blare uitdroog en afsterf. 

Figuur 4: ”Top Die-Back” fase

3. Stamvrot Fase:  

Simptome:

  • Na pluimvorming kom dit op stamme voor.
  • Waterige letsels vorm, wat ligbruin tot bruin en later die seisoen swart verkleur.
  • Letsels op stamme kan versmelt en swart, ingeduikte strepe vorm. 
  • Binneweefsel waar verkleuring is, disintegreer mettertyd.
  • Die stam bokant die kop gaan ook dood na 4 tot 6 weke van bestuiwing. 

Figuur 5: Stamvrot fase  

Verdere simptome: Stam kan maklik ingedruk word by die onderkant van die stam, wat omval kan veroorsaak. Dit wil sê as die stam na ‘n kant toe gedruk word sal die stam knak. Dit kan binne en buite die stam waargeneem word deur die verkleuring wat waargeneem word. 

 

Diplodia stamvrot word veroorsaak deur “Stenocarpella maydis” fungi. Mielies is die enigste gasheer vir hierdie patogeen. Dit oorleef op die mieliestamreste. Spore word versprei deur wind of reën. Gunstige klimaatstoestande is warm, nat weer vir 2 tot 3 weke na bestuiwing. Piknidia – ‘n vrugagtige fungi-struktuur wat voorkom op die stam, kan nie afgekrap word met jou nael nie. 

Figuur 6: Piknidia wat nie afgekrap kan word nie sigbaar op die stam.

Simptome:

  • Kom voor na stuifmeelstorting.
  • Besmette plante gaan vinnig doodgaan.
  • Blare verlep en vertoon grysgroen.
  • Onderste internodes verkleur bruin, is sponserig en kan maklik knak. 
  • Binneste stamweefsel verkleur ook en disintegreer mettertyd.
  • Kenmerkend is donkerbruin tot swart piknidia wat naby die internodes voorkom.
  • Dit is waar witswamgroei ook op die stam voorkom. 

Figuur 7: Stamknak kom voor as gevolg van Diplodia stamvrot.

Stamknak kom voor as gevolg van Diplodia stamvrot, en die weefsel binne-in die stam disintegreer. Die stam kan ingedruk word en dan afbreek.

Fusarium Stamvrot: 

Hierdie stamvrot word veroorsaak deur “Fusarium verticiliodes” fungi. Word gevind oral waar mielies geplant word. Oorwinter as “mycelia” in besmette gewasreste, en word versprei deur wind en reën. Dit kan die plant direk deur die wortels infekteer, wat dan wortelvrot en lae stamvrot veroorsaak. Dit kan ook infekteer by die nodes van elke internode. Gunstige toestande is warm, relatiewe droë weer wat dan stres veroorsaak na bestuiwing. Dit word meer gedurende reproduktiewe stadiums gevind. Gewoonlik kom dit in ‘n kombinasie saam met Gibberella-, Diplodia- en Antraknose stamvrotte voor. 

Simptome:

  • Plante vertoon verlep met klein bruinerige letsels wat op die onderste internodes vorm.
  • Die binneste stamweefsel vertoon witterig-pienk tot salmpienk wanneer die stamme deurgesny word en word later donkerbruin.
  • Plante val om na gelang van die graad van besmetting.
  • Verrotting by wortels, kroon en lae internodes word gevind.
  • Mif ontbind en die vaskulêre bondels bly ongeskonde.
  • Stamme voel sponsagtig wanneer dit ingedruk word en kan maklik op die onderste internodes gekneus of gekrimp word.
  • Plante kan omval as dit sywaarts gestoot word of deur wind omgewaai word.  

Gibberella Stamvrot:  

Gibberella stamvrot word veroorsaak deur “Gibberella zeae” fungi. Spore word versprei na mielieplante deur wind en reën. Die patogeen dring die plant binne waar insekbeskadiging is. Dit kan mielies by die blaarskedes, stutwortels of wortels besmet. Infeksie gaan voort vanaf die

wortels tot in die onderste stam. Infeksie kom dikwels voor na bestuiwing plaasgevind het. Hierdie siekte kan vinnig vorder met warm, nat weer tydens die reproduktiewe stadiums van ‘n mielieplant. Omgewings- en fisiologiese stres kan die plant verswak en siekteontwikkeling moontlik maak.  

Simptome:

  • Blare vertoon ’n dowwe, grysgroen kleur en die onderste internodes is sag en bruin van kleur.
  • Verkleuring binne die stam is pienk tot rooierig en disintegrering van die interne weefsel vind plaas.
  • Klein, ronderige, swart vrugliggaampies kan buite op die stamme vorm.
  • Latere stadiums word die plant grys-groen, internodes word strooi- of donkerbruin en word maklik tussen vingers vasgeknyp.
  • Laat in die seisoen breek die stam by die knoop.
  • Dit veroorsaak donker strepe op die onderste internodes.
  • Hierdie spikkels kan maklik van die stamoppervlak afgekrap word met 'n vingernael.
  • Laat in die seisoen kan die stam breek by die knoop.  

Figuur 8: Klein, ronderige, swart vrugliggaampies op die stam. 

Houskoolvrot:  

 

Houtskoolvrot word veroorsaak deur die grondswam, “Macrophomia phaseolina”. Houtskoolvrot begin as 'n wortelinfeksie, wat versprei na die onderste stam se internodes en kan vroeë rypwording, versnippering en breek by die kroon van die mieliestam veroorsaak. Mielies word besmet tydens droë periodes waar die temperatuur 27-29 ºC bereik. Die sclerotia ontkiem op die worteloppervlak en dring deur die gasheer (mielies) se epidermale selle. ---Internal Use--- Die baie klein swart swamliggaampies, bekend as “sclerotia”, op die vaskulêre stringe van die binne deel van die stamme, wat op die gekerfde kuil voorkom, gee hulle 'n verkoolde voorkoms. Hierdie "verkoling" van die binnekant van die stam dra by tot sy naamgenoot, aangesien dit 'n kenmerkende kenmerk van die siekte is. Die patogeen oorwinter op mieliereste en bly in die grond oor

Simptome:

  • Mielieplante is tydens die blomstadium baie vatbaar vir Houtskoolvrot.
  • Wanneer die swamme die stamme infekteer en daarin vermeerder, blok dit die opwaartse beweging van water en nutriënte wat swak graanvul tot gevolg het.
  • Die boonste blare van die mielies sal uitdroog.
  • Besmette mielieplante het gekerfde stamme, en die weefsel sal heeltemal verrot wees met slegs gare, vaskulêre stringe wat ongeskonde bly.
  • Die sclerotia van die swam is klein, swart en bolvormig, en word aangetref op, en binne die vaskulêre stringe. Die getalle wat voorkom is genoeg om die interne stam weefsel 'n grys kleur te gee.
  • Die swam kan in die onderste internode van die stam groei terwyl die plant volwasse word, wat veroorsaak dat plante vroegtydig ryp word en hul stamme verswak, wat breek en omval tot gevolg het, na die einde van die seisoen.  

Houtskool- en Gibberella-stamvrotte kom baie algemeen gesamentlik in stamme voor.  

Figuur 9: Twee verskillende stamme deurgesny. Houtskoolvrot aan die linkerkant teenoor Gibberella stamvrot aan die regterkant

. Gibberella stamvrotinfeksies vind gewoonlik vroeër in die plantseisoen plaas wanneer temperature meer gematig is, met ‘n hoër voginhoud in die omgewing, terwyl Houtskool stamvrot infeksies bevorder word deur ‘n warm en droë klimaat, gewoonlik later in die seisoen. Dikwels sal Gibberella die stamme eerste infekteer aan die begin van die plantseisoen, gevolg deur Houtskool stamvrot soos wat die temperature styg gedurende Desember en Januarie.

Bakteriese Stamvrot (Erwinia): 

Bakteriese stamvrot word veroorsaak deur “Erwinia chrysanthemi pv. zeae”. Dit kom voor by veral van die eerste internode bo die grond, maar kan ook hoër op in die stam gevind word. Geaffekteerde plante het ‘n baie erge en vieslike reuk. Die steel draai en val gewoonlik om, maar die plant kan 'n paar weke lank groen bly omdat die vaskulêre weefsel nie vernietig word nie. Dit kan enige tyd gedurende die seisoen voorkom, veral as die toestande baie nat is. Sommige basters is meer vatbaar as ander. Dit is ‘n groot siekte van mielies in tropiese en subtropiese lande en wêreldwyd is dit gerapporteer. Alhoewel hierdie siekte redelik algemeen in Suid-Afrika voorkom, is plante wat hierdie simptome toon, gewoonlik redelik yl versprei. Dit kom gewoonlik voor in warmer gebiede waar mielies verbou word en gereeld besproei word. In gematigde streke is die siekte slegs ‘n probleem met oorhoofse besproeiing. Die blaarweefsel binne die krans en die groeipunt van die stam binne die krans is bruin, nat, slymerig en het 'n vuil reuk wat na kuilvoer ruik. 

Simptome:

  • Simptome word die eerste keer in die middel van die seisoen opgemerk wanneer die plant skielik verwelk en omval.
  • Die mees kenmerkende simptoom van Erwinia-infeksie is die vuil reuk van siek, slymerige plantdele.
  • Die vrot kan van die basis af strek opwaarts (basale verrotting), of van bo na onder (topvrot).  Simptome is gewoonlik beperk na die onderste drie internodes wat bruin word tot donkerbruin, en word deurweek en slymerig. Die vrot verdroog uiteindelik en die binnekant word ‘n gekerfde massa vesel weefsel en dit is wanneer die plante gewoonlik knak of omval.  

 

Figuur 10: Topvrot vind plaas met vinnige vegetatiewe groei onder bespreoiing. Eerste simptome is verwelking en verdroging.

Bestuur en Beheermaatreëls

  • Die mees algemeenste beheer wat toegepas kan word is die afbreking van mieliereste.
  • Gewaswisseling is ook baie belangrik, veral om ‘n nie-gasheer gewas te plant nadat die siekte verkry is.
  • Voorkoming van stres deur enige moontlike bestuur toe te pas om die plante gesond te hou. Dit sluit in om blaarsiektes so veel moontlik weg te hou.
  • Plant genetiese weerstandskultivars waar dit moontlik is en indien enige beskikbaar is.
  • Hou plante skoon van insekte soos Busseola Fusca (mieliestamboorder).
  • Kies kultivars wat goeie stamsterkte eienskappe het.
  • Indien mielies besproei word, probeer om goeie kwaliteit water te gebruik.

Vir meer inligting gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na info.rsa@pioneer.com