Een honderd jaar gelede het een man ’n saad geplant en ’n beweging begin wat landbou vir ewig sou verander.
Daardie man was Henry A. Wallace, en die saad het gegroei tot Pioneer – ’n handelsmerk gebou op innovasie, volharding en ’n diep verbintenis tot boere. Vandag, terwyl ons ’n eeu van landbou-uitnemendheid vier, herdenk ons die reis wat ons tot hier gebring het, en die Suid-Afrikaanse boere wat die afgelope 100 jaar help vorm het.
Van die eerste hibriede mieliesaad tot die gevorderde oplossings van vandag, was Pioneer nog altyd aan die voorpunt van landbou. In Suid-Afrika is ons storie diep gewortel in plaaslike grond. Ons verstaan die land, die klimaat en die uitdagings wat jy daagliks trotseer. Daarom is ons produkte ontwerp met jou in gedagte – want ons glo dat een saad landbou kan verander, en een boer die wêreld kan verander. Dit is hoekom soveel Suid-Afrikaanse boere al ’n eeu lank op ons vertrou.

Vir Pioneer is jy nie net ’n klant nie – jy is die rede waarom ons bestaan. Ons “Farmer-First”-filosofie beteken ons werk altyd daaraan om vir jou die regte produk vir die regte hektaar te bring. Of jy plant vir wins, vir volhoubaarheid of as 'n nalatenskap, is ons hier om jou sukses te ondersteun. Ons landboukundiges en adviseurs leef en werk hand-aan-hand saam met jou, en bied insigte en hulp wat by jóú plaas en jóú toekoms pas – net soos ons dit vir jou voorgangers gedoen het.

Hierdie eeufees gaan nie net oor terugkyk nie – dit gaan ook oor teruggee. Pioneer en Corteva het belowe om wêreldwyd 100 000 ure aan gemeenskapsdiens te wy, en Pioneer Suid-Afrika is trots om 'n entoesiastiese deel van hierdie beweging te wees. Van voedselsekerheid en wetenskapsprogramme tot groenarea-inisiatiewe en rampverligting – ons spanne rol ook hul moue op om ’n verskil te maak. Elke Pioneer-werknemer kry 16 ure vir vrywillige werk om saam met gemeenskappe iets betekenisvol te laat groei.