Blog
•
2026/09/14

Die belangrikheid van effektiewe watergebruik by besproeiingskultivars

A.J. Steyn, Pioneer Landboukunidge

Geskryf deur: A.J. Steyn, Pioneer Landboukunidge

Hopetown 2023-24: Geelmielies

Gedurende die 2023/24-seisoen is ‘n PKP-strookproef in Hopetown uitgevoer waarin die opbrengs en waterverbruik van ses kultivars gemeet is. Die grond is relatief vlak, ongeveer 400 mm diep, en geskik vir besproeiing. Die gronddiepte is egter nie heeltemal homogeen nie.

Dit is slegs een proef. Wanneer ’n kultivar vir jou gebied gekies word, is dit belangrik om resultate uit verskeie proewe en seisoene in ag te neem om variasie te beperk.

Die proef het deur die groeiseisoen gereelde, ligte besproeiings ontvang. Daar was gevolglik waterverliese weens verdamping en dreinering, soos Figuur 3 aandui. Die mielies het egter deur die seisoen geen vogstremming ervaar nie. Dit het bygedra tot die goeie opbrengste wat in Grafiek 1 aangedui word.

Onder volbesproeiing is dit belangrik om vogstremming te voorkom sodat die gewas sy opbrengspotensiaal kan benut.

P1225PW het uitstekend presteer en het die proef gewen met 18.61 t/ha. Die proef is in die warmer westelike deel van Hopetown geplant, wat die baster se aanpasbaarheid onder hierdie toestande uitlig. Hoewel die baster beter aangepas is by die koeler oostelike deel van die besproeiingsgebied, het dit ook goeie resultate onder die warmer toestande gelewer. Al die kultivars is teen ’n plantpopulasie van 95 000 plante/ha aangeplant.

Bemesting en plantdatum

Die grond was ’n sandleemgrond met ’n klei-inhoud van ongeveer 16%. Daar is in totaal 380 Stikstof (N), 65 Fosfor (P) en 90 Kalium (K) toegedien. Die plantdatum was 11 Desember 2023.

Figure_Image_September_12.png

Grafiek 1. Opbrengste van ses kultivars, met die opbrengs deur die histogram aangedui en die vogpersentasie tydens stroop bo-aan.

Watergebruik

Gemiddeld is 625 mm water gebruik, wat ongeveer 14% meer is as die gewas se berekende behoefte. Op die relatief vlak grond en onder midsomertoestande kan hierdie buffer belangrik wees indien ’n onverwagte toerustingbreuk voorkom en hersteltyd die gewas aan hitte- of vogstremming kan blootstel. Figuur 1 toon die watergebruik van elke kultivar. P1225PW en P1257PW het onderskeidelik 612 mm en 610 mm water gebruik om opbrengste van 18,61 t/ha en 18,24 t/ha te lewer.

Figure_Image_September_13.png

Figuur 1. Watergebruik per kultivar in millimeter.

Watergebruiksdoeltreffendheid (WGD)

Watergebruiksdoeltreffendheid (WGD) verwys na hoe doeltreffend ’n kultivar beskikbare water in graanopbrengs omskakel. P1225PW het 30,4 kg graan per millimeter water geproduseer, terwyl P1257PW 29,9 kg graan per millimeter water geproduseer het.

Figure_Image_September_14.png

Figuur 2. Watergebruiksdoeltreffendheid (WGD) van die ses kultivars.

Figure_Image_September_15.png

Figuur 3. Besproeiingsgrafiek van die proef.

Die besproeiingsdata in Figuur 3 toon dat die gewas deur die seisoen nie aan vogstremming blootgestel is nie. Die gereelde, ligte besproeiings het egter tot groter verdampingsverliese gelei. Daar was ook dreineringsverlies na die ondergrond. Watergebruik is daarom bereken as water toegedien plus reënval, minus dreinering en verdamping soos vanaf die weerstasie bepaal.

Gevolgtrekking

Omdat elke behandeling nie volgens sy spesifieke waterbehoefte besproei is nie, en elke kultivar maar dieselfde hoeveelheid water ontvang het, is die WGD in hierdie proef hoofsaaklik ’n afleiding van opbrengs. Die resultate gee egter ’n aanduiding van die kultivars se opbrengspotensiaal en watergebruik. Dit is ’n belangrike oorweging in ’n land waar water ’n beperkte hulpbron is.

Namate genetiese vordering tot hoër opbrengspotensiaal bydra, kan watergebruiksdoeltreffendheid ook verder verbeter. Wanneer besproeiing nader aan die gewas se werklike waterbehoefte bestuur word, kan minder water as in hierdie proef gebruik word. Dit vereis egter dat toerustingbreuke vinnig herstel word om opbrengsverliese weens hittestremming te voorkom.