Geskryf deur: Pioneer Agronomiebestuurder
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer boere hul grond begin voorberei vir die komende plantseisoen. Goeie plantvoorbereiding berus op twee belangrike faktore, naamlik bemesting en goeie saadbedvoorbereiding. Elkeen, in sy eie opsig, is krities belangrik in die praktyk.
In die boerderypraktyk word dit jaar na jaar al hoe belangriker om ’n bemestingsprogram te volg wat spesifiek volgens jou grond se behoeftes bereken is. Wanneer opbrengste begin stabiliseer, is dit belangrik om weer na die grond se voedingsbehoeftes te kyk. Deur voedingstowwe akkuraat volgens die grond se behoeftes toe te dien, kan die grond se produksiepotensiaal oor die lang termyn beter benut word.
Deur slegs elke jaar net meer te bemes is nie die oplossing nie - oorbemesting het net soveel negatiewe effekte op die plantontwikkeling en opbrengste soos wat onderbemesting kan hê. Deur ’n berekende bemestingsprogram te volg, kan die balans tussen voedingselemente in die grond beter bestuur word en die grond se produksiepotensiaal verhoog word.
Figuur 1. Mulder se grafiek.
Die Mulder's Chart illustreer hoe die verhoudings tussen voedingselemente in die grond mekaar kan beïnvloed. ’n Oormaat van ’n spesifieke element kan die beskikbaarheid van ’n ander element beperk, terwyl sekere elemente weer die beskikbaarheid van ander kan ondersteun.
’n Goed voorbereide saadbed moet die regte balans bied tussen:
Figuur 2. 'n Illustrasie wat klem lê op die effek van saadbedvoorbereiding.
Sodra imbibisie plaasvind is dit krities belangrik dat die saad nie kort daarna weer uitdroog nie. Dit kan tot swak opkoms lei en die jong plant aan vroeë afsterwing blootstel. Daarom is die drie bogenoemde hoofpunte krities belangrik om genoegsame beskikbare vog vir die tydperk te verseker. Die optimale saadbed is poreus genoeg om die mesokotiel in staat te stel om die plumula bo die grond uit te stoot, terwyl dit terselfdertyd ferm genoeg is om onnodige vogverlies te beperk.
Goeie voorbereiding lê die grondslag vir ’n sterk begin tot die seisoen. Deur net die twee basiese beginsels van 'n korrekte bemestingsprogram en goeie saadbedvoorbereiding te volg, skop jy reeds die plantseisoen op 'n goeie voet af.
Vir meer plant- en agronomiese inligting kontak Pioneer by info.rsa@pioneer.com, of besoek www.pioneer.com/za.
Pioneer® brand products are provided subject to the terms and conditions of purchase which are part of the labeling and purchase documents. ™ ® SM Trademarks and service marks of Pioneer and its affiliated companies. © 2026 Pioneer