Geskryf deur: Pioneer-produkagronoom: Johan Kock
Die balans tussen insetkoste en wins speel ‘n belangrike rol wanneer die besluit geneem word om onder besproeiing te plant. Die fokus val daarom op die belangrike bestuursbesluite rondom die aanplant van kommersiële mielies. Elke besluit moet goed deurdag wees en berekend geneem word.
Klimaatstoestande kan ’n groot invloed op die suskes van ‘n oes hê. Faktore soos die wisselboustelsel, die grond se fisiese en chemiese toestand, geografiese ligging, plantdatum en tydigheid, plantdiepte, plantpopulasie, rywydte en die praktiese toepassing daarvan met beskikbare implemente kan alles die uiteindelike oes beïnvloed. Doeltreffende bestuur van insekte en plantsiektes is ook ’n belangrike deel van die produksieproses.
Die belangrikste doelwitte met plant is:
Kultivarkeuse is dus een van die belangrikste besluite wat ’n boer in besproeiingsmielieproduksie neem. Teen hierdie agtergrond stel Pioneer graag die nuwe witmieliekultivar vir besproeiing, P14197WPW, bekend. P14197WPW beskik oor PowerCore™-tegnologie. Dit bied ook die opsie om Roundup® as deel van ’n onkruidbeheerprogram te gebruik, terwyl dit beskerming teen sekere wurmskade bied.
Figuur 1: P14197WPW word as die verwysingspunt (0 kg/ha) gebruik om opbrengsverskille teenoor ander kultivars te toon.
Saalinggroeikrag is aanvaarbaar en dra by tot ‘n eenvormige opkoms. ’n Eenvormige plantestand bied ’n goeie grondslag vir opbrengspotensiaal. Staanvermoé is sterk.
Plante is nagenoeg 2.43 m lank met koppe wat op ongeveer 52% van die plantlengte gedra word. Met ’n kophoogte van ongeveer 1,23 m is die produk goed geskik vir oes.
Die kopdeursnee (52.4 mm) en koplengte (153.4 mm) Is binne aanvaarbare parameters. Onder besproeiing speel meerkoppigheid nie ‘n bepalende rol nie. Skepelmassa, asook die konstantheid van kopvorming en graanvulling, speel ’n belangrike rol in die bepaling van opbrengs.