Blog
2026/08/24

Optimale sojaboonpopulasie van P64T39R per grondsoort in Mpumalanga

Elke landery het sy eie opbrengspotensiaal. Leer hoe variërende plantestand help om dit beter te benut.

Geskryf deur: Pioneer Landboukundige

Inleiding

Sojabone het hul oorsprong in Japan en is reeds in 1597 in woordeboeke opgeskryf. In Japannees word dit shoyu genoem – soja is afgelei van die woord shoyu.

Die sojaboon (Glycine max (L.) Merr) is vandag een van die wêreld se belangrikste peulgewasse en speel ‘n sleutelrol in voedselproduksie vir mense én diere.. Die groeiende wêreldbevolking het ‘n groot impak op voedselproduksie, en gevolglik, sojaboon-verbouing.

Sojabone dien as voedselbron vir mense en is ook ’n belangrike bron van proteïen vir diere. Sojabone word verwerk na hoofsaaklik twee produkte, sojaboonolie en sojaboonmeel (soja-oliekoek). Die olie bevat 18-23% van die saad op ‘n droëmateriaalbasis. Die olie word omgeskakel na produkte soos mayonnaise, margarien, slaaisous en slaai-olies vir menslike gebruik. Die meel bevat 38-44% van die saad op ‘n droëmateriaalbasis. Die meel word hoofsaaklik gebruik as ’n bron van hoëproteïen-veevoer vir die produksie van proteïenryke diereprodukte soos varkvleis, vis, beesvleis, pluimvee, eiers en melk.

Teen 2050 sal Afrika suid van die Sahara (SSA) na verwagting sowat 22% van die wêreldbevolking huisves as gevolg van hoë bevolkingsgroei.

Lae oesproduktiwiteit is steeds een van die grootste uitdagings vir sojaboonproduksie in Afrika suid van die Sahara. Hoewel die opbrengspotensiaal hoog kan wees, word slegs ’n fraksie daarvan op die beskikbare landbougrond gerealiseer.

Opsomming

  • Sojabone word as ‘n belangrike proteïen- en oliesaadgewas beskou, en die oppervlakte wat in Suid-Afrika aangeplant word, brei voortdurend uit.
  • Variërende plantestand deur middel van preskripsies kan opbrengs verbeter.
  • Hoër opbrengs dra by tot beter winsgewendheid.
  • Plantdatum speel ‘n groot rol in Suid-Afrika waar sojabone verbou word. Daarom moet stande aangepas word met later plantdatums.
  • Elke kultivar behoort volgens sy genetika en groeilengte bestuur te word.
  • Te hoë populasies sojabone kan siektedruk, veral Sclerotinia, verhoog, veral by langgroeiende genetika.
  • Te hoë populasies sojabone kan siektedruk, veral Sclerotinia, verhoog, veral by langgroeiende genetika.

Digitale agronomiese proef (DAT proef)

Mieliepotensiaal word bereken uit gronddiepte, kleipersentasie en die gemiddelde hoeveelheid reënval per jaar. Sojaboonpotensiaal is afgelei van die mieliepotensiaal – dit is mieliepotensiaal gedeel deur vier om sojaboonpotensiaal te verkry. Hierdie potensiaal verskil van gebied tot gebied.

Figure_Image_2

Figuur 1: Links is ‘n mieliepotensiaalkaart en regs is die preskripsiebaan en die “flat rate” met 280 000 pitte per hektaar geplant in blou.

Mieliepotensiaal/4 = sojaboonpotensiaal

Mieliepotensiaal t/haSojapotensiaal t/haPopulasie geplant vir
preskripsie
11.872.9675250 000
10.682.67300 000
9.842.46280 000
8.782.195400 000

Tabel 1: Mieliepotensiaal en sojaboonpotensiaal afgelei van mieliepotensiaal en die populasie wat geplant is in elke potensiaal-sone.

Resultate van P64T39R: Variërende plantestand teenoor "flat rate"Teenoor die preskripsie

Opbrengs van flat rate 280 000
Teenoor die preskripsie
Potensiaal T/haPreskripsieP64T39 K 280 000
(Opbrengs kg/ha)
P64T39 PRES
(Opbrengs kg/ha)
2.46280 0002,4172,341
2.9675250 0002,5142,786
2.665300 0002,6533,021
2.195400 0002,3112,423

Figuur 2 wys dat in elke sone meer opbrengs gelewer is by die preskripsie as die “flat rate” van 280 000 pitte per hektaar. Dit is slegs in die 2.46 potensiaal waar preskripsie nie beter was nie, maar die populasie dieselfde en waar die opbrengsverskil nie betekenisvol was nie.

Nadat die proewe gestroop is, is ‘n nuwe preskripsie saamgestel vir die kultivar op daardie spesifieke land.

KULTIVARP64T39R
Sojaboon-plantpopulasieLaagMedium laagMediumMedium hoogHoog
 250 000280 000300 000350 000400 000
Sojaboonpotensiaal>3t/ha2.82.62.4<2t/ha

Tabel 2. Aanbevole plantestand vir elke potensiaalsone. Hoe laer die potensiaal hoe hoër is die stand en hoe hoër die potensiaal hoe laer is die stand.

Hoe beïnvloed dit winsgewendheid?

Hierdie berekening is slegs vir die lae potensiaal-sone gedoen en wys hoeveel ekstra opbrengs nodig is om winsgewendheid te verbeter. Riglyne vir toekomstige variërende plantestand.

Sakkie saad 140mkR600  
SafexR10 000
Populasie 400 000 2,423Ton/ha
Populasie 280 000 2,311Ton/ha
120 000R515112kgR1 120
Meer wins per haR605  

Tabel 3: Elke kultivar behoort volgens sy groeilengte bestuur te word. Dan moet die potensiaal van die plaasomgewing in vyf spesifieke klasse gedeel word. Hierdie riglyne kan gebruik word om plantestand per sone aan te pas.

Faktore wat die sukses van variërende plantestand beïnvloed:

  • Siektedruk (Sclerotinia)
  • Tipe bewerking
  • Droogte
  • Hitte-eenhede
  • Plantdatum
  • Onvoldoende enting of bemesting
  • Genetika (groeilentes)
  • Rakleeftyd van genetika
  • Rywydte
  • Plantpopulasie

Geen enkele faktor bepaal opbrengs op sy eie nie. Variërende plantestand lewer die beste resultate wanneer dit deel vorm van 'n geïntegreerde bestuursbenadering waarin genetika, omgewing en bestuurspraktyke saam in ag geneem word.

Elke landery is uniek, en daarom behoort elke aanbeveling ook uniek te wees. Gesels met jou Pioneer-verteenwoordiger om te bepaal hoe variërende plantestand jou kan help om opbrengs en winsgewendheid op jou plaas verder te optimaliseer.

Pioneer® brand products are provided subject to the terms and conditions of purchase which are part of the labeling and purchase documents. ™ ® SM Trademarks and service marks of Pioneer and its affiliated companies. © 2026 Pioneer