Blog
•
2026/09/14

P1225 presteer in die gematigde oostelike gedeelte van die westelike besproeiingsgebied

NA

Geskryf deur: NA

Inleiding

Die baster P1225 is aanvanklik vir die oostelike produksiegebiede ontwikkel, maar presteer ook goed in die gematigde oostelike gedeeltes van die westelike besproeiingsgebied. Die afgelope twee seisoene het die kultivar goed in opbrengsproewe presteer. Die baster het baie goeie droëland- sowel as besproeiingseienskappe. Die meer gematigde Suid-Vrystaat (Area O volgens die Pioneer-indeling) se klimaat kan met dié van die Oos-Vrystaat vergelyk word. Dit is daarom geen verrassing dat P1225 goed by die Suid-Vrystaat aangepas is nie.

Figure_Image_September_17.png

Foto 1. P1225 op droëland in Harrismith.

In die 2021/22-seisoen is P1225 vir die eerste keer in 'n besproeiingsproef tussen Smithfield en Rouxville aangeplant. Die proef het 'n wen-opbrengs van 18.6 t/ha (Figuur 1) gelewer. Gewoonlik word kultivars sonder tegnologie nie direk vergelyk met tegnologiebasters nie, weens Busseola fusca-vreetskade op die basiskultivars. Die proef is egter goed bestuur en vreetskade is uitgeskakel. Die plantestand was 85 000 en die plantdatum 18 November 2021.

Figure_Image_September_18.png

Figuur 1. Smithfield-proefopbrengste (t/ha) aan die basis van die histogram, met die vogpersentasie tydens stroop aan die bokant.

Gedurende die afgelope 2022/23-seisoen is nog 'n proef op dieselfde lokaliteit geplant, en P1225 het weer eens goed gevaar met 'n opbrengs van 17,86 t/ha (Figuur 2). P1225PW- tegnologie sal in die komende seisoen beskikbaar wees en in proewe regdeur die besproeiingsgebied ingesluit word.

Figure_Image_September_19.png

Figuur 2. Opbrengsgrafiek van die 2022/23 Smithfield-proef.

Opbrengspotensiaal en graangehalte

Die kultivar het uitstekende opbrengspotensiaal en baie goeie graangehalte, soos in Foto 1 aangetoon. Die kultivar pak baie rye op 'n dun stronk, wat tot ‘n goeie opbrengs bydra.

Kop-tot-plantgrootteverhouding

Onder besproeiing word die koppe op +48% van plantgrootte gedra. Dit maak die kultivar goed geskik vir besproeiing. Plante wat te hoog raak onder besproeiing, kan die risiko van omval voor stroop verhoog. Die plantgrootte van 2,44 m is aanvaarbaar vir besproeiing.

Staanvermoë

P1225 het goeie staanvermoë op droëland en onder besproeiing.

Blaarsiekteweerstand

P1225 het die Ht-N-geen, wat verantwoordelik is vir goeie blaarsiekteweerstand (Foto 2). Hier kan gesien word hoe plantweerstand veroorsaak dat 'n geel afsnylaag om die Noordelike blaarskroeiletsel vorm en dit isoleer sodat dit nie verder versprei nie. Die besmette plantweefsel binne-in sterf wel af, maar die siekteverspreiding word beperk.

P1225 met tegnologie

P1225PW is hierdie seisoen beskikbaar en sal in soveel moontlik proewe ingesluit word om aanpassing en opbrengspotensiaal te toets voordat dit aan produsente beskikbaar gestel word.

Figure_Image_September_20.png

Foto 2. Graan van P1225.

Figure_Image_September_21.png

Foto 3. 'n Nekrotiese Noordelike blaarskroeiletsel op 'n P1225-blaar.