Blog
•
2026/09/14

P1225PW vind sy plek onder volbesproeiing in die meer gematigde oostelike deel van die Oranjerivier

A.J. Steyn, Pioneer Landboukunidge

Geskryf deur: A.J. Steyn, Pioneer Landboukunidge

Inleiding

Die baster P1225PW is gedurende die 2023/24-seisoen vir die eerste keer in strookproewe in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied aangeplant. In ’n vroeë proef in die Luckhoff-gebied het die kultivar goed presteer teenoor gevestigde besproeiingsbasters.

Die kultivar is aanvanklik vir droëlandproduksie in die oostelike produksiegebiede ontwikkel, maar word ook verder wes aangeplant. Dit word ook in proewe onder volbesproeiing getoets om sy aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal te bepaal.

Die basisgenetika word reeds vir die afgelope drie seisoene aangeplant en toon goeie aanpasbaarheid in die koeler gedeeltes van die westelike besproeiingsgebied. Die PowerCore®-weergawe bied beskerming teen veral Busseola fusca en Chilo partellus, asook die gerief van Roundup Ready®-tegnologie as deel van ’n onkruidbeheerprogram. Figuur 1 toon die opbrengste aan wat met 'n plantdatum van 4 Oktober 2023 behaal is.

Figure_Image_September_7.png

Figuur 1. Luckhoff proefopbrengste (t/ha) aan die basis van die histogram met die vogpersentasie (%) tydens stroop bo.

Behandelings

Die proef is bemes met 333 kg stikstof (N), 65 kg fosfor (P) en 113 kg kalium (K). Die plantestand was 95,000 pitte/ha, met volbesproeiing gedurende die groeiseisoen.. Die stroopdatum was 7 Maart 2024.

Figure_Image_September_8.png

Foto 1. P1225PW onder volbesproeiing in die Oranjerivier besproeiingsgebied met goeie blaargesondheid.

Belangrike agronomiese eienskappe van P1225PW

Opbrengspotensiaal en graankwaliteit:
  • Die kultivar het goeie opbrengspotensiaal en graankwaliteit, soos Foto 2 aantoon. Die koppe dra 18 tot 20 rye pitte, wat saam met ’n goeie skepelmassa tot die opbrengspotensiaal bydra. Die goeie skepelmassa dra ook tot die opbrengs by.
Kophoogte tot plantgrootte-verhouding:
  • Onder besproeiing word die koppe op ongeveer 48% van die plant se totale lengte gedra. Dit maak die kultivar goed geskik vir besproeiing. Wanneer koppe onder besproeiing bo 50% van die plant se totale lengte gedra word, kan dit die risiko van omval verhoog. Met ’n plantgrootte van 2.44m is goed geskik vir besproeiing. Hoe later die plantdatum aangeskuif word, hoe hoër kan die kophoogte wees. Met normale plantdatums in die eerste helfte van Desember vergelyk die kultivar egter goed met gevestigde besproeiingsbasters.
Staanvermoë:
  • P1225 en P1225PW het goeie staanvermoë onder droëland en besproeiingstoestande, omdat die koppe relatief laag aan die plant gedra word.
Blaarsiekteweerstand:
  • P1225 beskik oor die Ht-N geen, wat bydra tot goeie weerstand teen blaarsiektes (Foto 3). Soos in Foto 3 gesien kan word, vorm ’n geel afsnylaag rondom die noordelike blaarskroei-letsel. Hierdie natuurlike plantreaksie help om die letsel te isoleer en verdere verspreiding te beperk. Die besmette plantweefsel binne die letsel sterf wel af, maar die verdere verspreiding van die siekte word beperk.
Figure_Image_September_9.png

Foto 2. Graan van P1225PW.

Figure_Image_September_10.png

Foto 3. Nekrotiese Noordelike blaarskroei letsel op P1225 blaar wat weerstand teen die siekte demonstreer.

Praat met jou plaaslike Pioneer-landboukundige vir praktiese advies en aanbevelings wat by jou omstandighede pas.