Blog
2026/08/24

Vyf stappe om hoë-opbrengs sojaboonoeste te verseker

Verhoog jou opbrengspotensiaal met vyf belangrike bestuurspraktyke vir sojabone.

Geskryf deur: Pioneer Landboukundige

Inleiding

As gewasse professionele rugbyspelers was, sou mielies die sleutelspelers gewees het en sojabone die reserwes. Mielies kry gewoonlik al die krediet, terwyl sojabone geignoreer word. Gee jou sojabone die aandag wat hulle verdien. Soos mielies, kan sojabone uitstekende opbrengste lewer wanneer elke bestuursbesluit reg uitgevoer word. Natuurlik speel die weer altyd 'n groot rol. 'n Droë Februarie kan die voordeel van sekere bestuurspraktyke beperk. Goeie weersomstandighede kan die boontjies gedurende 'n kritiese tyd bevoordeel en dit dus die moeite werd maak om geld op sojabone te spandeer.

Hoe om sojaboon-opbrengste te verhoog

Hier is vyf van die stappe wat geneem kan word om hoé sojaboonopbrengste te verseker:

1. Plantdiepte vir sojabone:

Die aanbevole plantdiepte vir sojabone is ongeveer 4cm om meer eenvormige opkoms en goeie stand te verseker en so ook hoër opbrengste te produseer (Lawson et al., 2009). Die saadbed moet ferm en egalig diep wees, sodat die saad regdeur ewe diep geplant kan word. Die doel is dat plante so eweredig moontlik moet opkom, , klipperige grond vermy word en stropertafels moet baie laag kan stroop.

Plante wat te vlak geplant is neig tot swakker opkoms en as gevolg van baie hoë grondtemperature naby die grondoppervlakte droog die grond ook te vinnig uit. Hieronder is die resultaat van 'n proef wat deur Roelof le Roux, ‘n Pioneer-landboukundige, in Delmas gedurende die 2018/19-seisoen uitgevoer is.

Dieptet/haKg verskil van Kt/ha% verskil van KSAFEXR/ha verskil
1cm3.9184880.488-11%R 4,500.00R -2,195.86
3cm4.406KKK K
5cm4.2711360.136-3% R -609.96
7cm4.0233840.384-9% R -1,726.40
9cm3.885270.527-12% R -2,370.11

Figuur 1. Hier kan die oesverliese weens plantdiepte duidelik gesien word. Die 2019 Safex-prys is in die tabel gebruik.

Dit is belangrik om in voldoende grondvog te plant. Sojabone kan nie agter vog aangeplant word nie. Vir 'n sojaboon om te ontkiem, het die pit water gelykstaande aan 50% van die pitgewig nodig. Vermy ook ou saad. Saad wat twee jaar oud is, moet glad nie geplant word nie. Ontkiemings kan tot 80% afneem deur ou saad te plant.

2. Kultivarseleksie:

Begin by plantgesondheid wanneer jy 'n kultivar kies, veral rakende die weerstand teen aalwurms, SDS (skielike-doodsindroom), witskimmel ensovoorts.

Kies ook waar moontlik volseisoenkultivars wat by jou produksiegebied pas. Kultivars wat langer blom, kan meer peule vorm en sodoende hoër opbrengspotensiaal bied.

Moderne genetika speel 'n groot rol in opbrengspotensiaal. Sojaboon-variëteite word in verskillende volwassenheidsgroepe verdeel. Jare se proefdata help boere om die regte groeilengte vir elke produksiegebied te kies. 'n Suid-Afrikaanse sojaboonproduksiekaart stel die volwassenheidsgroepe voor. Die Landbounavorsingsraad (LNR) se proefpersele word ook in drie omgewingstreke verdeel, naamlik koud, matig en warm. Al die volwassenheidsgroepe word jaarliks oor die drie streke geplant. Die LNR-proewe en aanbevelings is gefokus op watter groeilengtes in watter areas suksesvol is en dui ook aan hoe die genetika in opbrengs oor die jare verbeter het.

3. Enting - Behandel saad met Bradyrhizobium japonica:

Behandel saad met lewendige, stikstofbindende knoppiesbakterieë. Die toediening van entstof is doeltreffend in, voor of op saadplanting. Dit verhoog die kans op suksesvolle vestiging en effektiewe stikstofbinding.

Figure_Image_6

Figuur 2. Die invloed van onvoldoende stikstofbinding is duidelik sigbaar. Hier kan stikstoftekorte duidelik gesien word in rye weens die blokkasie van pypies tydens plant. Geen Rhizobium is toegedien nie en meer as twee ton se oesverlies is opgemerk. Sojabone is nog nie voorheen in hierdie landerye geplant nie.

Dit is ook belangrik om elke jaar saad met stikstofbindende knoppiesbakterieë te behandel. Daar kan wel oorblywende Rhizobium in die grond wees.

Figure_Image_7

Figuur 3. Oesverliese op twee verskillende persele weens onvoldoende stikstofbinding kan duidelik gesien word (2021/22-seisoen).

4. Plantdatum - Vroeg plant:

Sojabone word vanaf einde Oktober tot middel November geplant om die verlengde blomperiode wat volseisoenvariëteite bied, optimaal te benut. 'n Sojaboonplant is ligsensitief, en dit sal dus so lank blom as wat die seisoen dit toelaat om te blom.

Figure_Image_8

Figuur 4. Hier kan die oesverliese en die effek op opbrengs duidelik oor die planttydperk waargeneem word van plante met Pioneer se langgroeier-genetika.

Figure_Image_9

Figuur 5. Hier kan die oesverliese en die effek op opbrengs duidelik oor die planttyd gesien word met Pioneer se kortgroeier-genetika.

5. Onkruidbestuur:

Moenie in vuil lande plant nie. Alle onkruid moet ten minste voor planttyd doodgewerk word. Dr. Christy Prague van Michigan het gevind dat opbrengsverliese van tot 200kg/ha kan voorkom as onkruid toegelaat word om 'n hoogte van 1cm tussen sojabone te bereik.

Vooropkoms-onkruiddoders vorm ook 'n belangrike deel van suksesvolle onkruidbeheer. Dit is 'n doeltreffende manier om vroeë onkruidbeheer te verseker, en dit is die beste oplossing vir die bestuur van weerstandbiedende onkruid. Vooropkomsbespuiting beperk onkruid totdat daar met 'n na-opkomsonkruiddoder opgevolg word.

Die beperking van die onkruidsaadbank is net so belangrik vir langtermynbeheer. Daarom is dit belangrik om onkruid te beheer voordat die blomstadium plaasvind, aangesien sommige onkruid se sade reeds nege dae ná blom lewensvatbaar is. Die verwydering van onkruid uit 'n landery voor oes verhoed dat onkruidsade in toekomstige jare problematies word.

Uitdagings

Sommige bestuurspraktyke vra ekstra aandag. Praktyke soos die gebruik van planthormone wat toegedien word om opbrengste te verhoog, kan sterk vegetatiewe groei stimuleer wat weer kan lei tot omval. Swaar peulvorming kan ook veroorsaak dat plante makliker omval en veroorsaak dat die plant nie weer regop getrek kan word na 'n storm of tydens afdroging nie. Korter raamplante met internodes wat naby aan mekaar is, se risiko vir omval is minder. Ander praktyke, soos vroeë plant wanneer toestande gunstig is, kan weer groot voordele bied sonder noemenswaardige ekstra insetkoste.

Winsgewende graanproduksie vra vandag goeie beplanning en slim bestuursbesluite. Met die regte genetika en bestuurspraktyke kan sojabone 'n waardevolle bydrae lewer tot opbrengs én winsgewendheid. Elke suksesvolle sojaboonoes begin met die regte bestuursbesluite. Gesels met jou Pioneer-verteenwoordiger oor die kultivars, plantestand en praktyke wat jou kan help om die volle potensiaal van jou landerye te ontsluit.

Pioneer® brand products are provided subject to the terms and conditions of purchase which are part of the labeling and purchase documents. ™ ® SM Trademarks and service marks of Pioneer and its affiliated companies. © 2026 Pioneer